Groet die Grotoupa volgende maand by KunsteGrot

Rooikaart/Grotoupa

THABAZIMBI – Groet die Grotoupa met Ben Kruger sal op 21 Mei by die KunsteGrot optree, nog enkele kaartjies is beskikbaar.

Frank Opperman se “Rooikaart” vertoning vind op 24 Junie plaas, die besprekings daarvoor is reeds oop.

Die volbespreekte vertoning van Nataniël vind op 19 Oktober in die Bioskoopsaal plaas. Voor en na elke vertoning kan teatergangers gerus by Dewside Restaurant inloer om die innerlike te versterk.

U kan ook met u teaterkaartjie tussen die verskillende optredes by Butlers Restaurant gaan eet en 10% afslag kry.

Vir navrae en besprekings, kontak Rita by 083 744 8559 of rivol@telkomsa.net