Besoek gerus Van Ross Dierepark

THABAZIMBI – Die eienaars van Van Ross Dierepark nooi ieder en elk, besoeker en inwoner, om die pragtige natuurskone bosveld park te besoek.

Bring u kinders om te komk speel en die diere te voer terwyl jy jou gunsteling vleisie by hulle koop en braai. Daar is ook ‘n koffiewinkel op die perseel. Die ingang is ‘n skrale R25 per persoon, wat bakkies kos vir die diere asook braai hout insluit. Kinders onder 2 jaar is absoluut gratis.

Van Ross Dierepark is op Woensdae, Vrydae, Saterdae en Sondae oop. Hulle neem ook besprekings vir partytjies en troues vir 20 tot 30 mense.

Die park is geleë verby Marakele Nasionale Park se ingang, ry tot by die kruispad, draai regs en ry 2.5km, dit is op die linkerkant, regoor Tanniezimbi lodge op die Zimtabi pad. Kontak Laurette by 083 455 7857.