XA4D ook by Thaba Expo

Op die foto is van die lede van XA4D wat die vergadering bygewoon het. Vlnr: Eveline Putter, Vincent Eva, Zanelle Pohl, Petrus van Breda, Janeen Barber en Windi van Breda.

Gestremdes van Thabazimbi en omgewing het die organsasie XA4D (Extreme Adventures for the disabled) op die been gebring, juis om gestremdes saam te snoer en saam te werk om die gemeenskap bewus te maak van diegene om hulle wat ‘n volle lewe kan geniet, nieteenstaande hul gestremdheid.

Dit verg nie veel van die gemeenskap om hierby in te val nie. Hieronder tel byvoorbeeld om die parkerings wat spesiaal naby besighede se ingange  gereserveer word vir gestremde persone te eerbiedig en dit nie sommer net te vat omdat dit die naaste parkering is nie. Die probleem is hier nie net die gewone publike nie maar ook die wetstoepassers soos die SAPD en verkeersafdeling wat dit maklik as hul voorreg toeëin om hierdie parkerings vir hul eie gebruik op te eis. So ook is daar die spesiale opritte by besighede om dit vir mense in rolstoele makliker te maak om plekke te bereik. XA4D gaan ook ‘n stalletjie beman tydens die Thaba Expo waar meer inligting aangaande hierdie organisasie aan die besoekers publiek oorgedra sal word.

Hul vergadering om hierdie strategie te bespreek is die afgelope week by Dewside Restaurant gehou en was hulle die eerste groep om van die konferensiefasiliteit by Dewside gebruik te maak.