Werkswinkel vir Kultuurgoggas

Redenaars- en Dramawerkswinkels is op 15 en 16 April by Laerskool Thabazimbi aangebied. Vlnr: Me Rita Volschenk (Drama organiseerder), Esther Bredenkamp, Linda de Beer (Fasiliteerders) en Louise de Beer (organiseerder Redenaars). Me Bredenkamp en de Beer is van Black Door Studio in Pretoria.

THABAZIMBI – Daar is die afgelope naweek hard gewerk by Laerskool Thabazimbi toe al die “kultuurgoggas” van die skool byeen gekom het vir Redenaars- en Drama werkswinkels.

Op Vrydag 15 April is die Redenaars se werkswinkel vanaf 13:30 tot 17:00 deur Me Esther Bredenkamp en Linda de Beer aangebied. 41 Leerders 28 ouers en ses onderwysers het die werkswinkel bygewoon. Ouers, afrigters en leerders het hulle vaardigheid met die taal gewys en sommer gou-gou was daar ‘n hele paar interessante toesprake beskikbaar.

Op Saterdag 16 April het die Drama weer aan die beurt gekom. Die werkswinkel het om 08:00 begin en die leerders het vet pret gehad tot en met 12:00. Afrigters se vaardighede is weer opgeskerp en die leerders het die praktiese sessies terdeë geniet.  65 Leerders, 13 ouers en 13 afrigters het hierdie sessie bygewoon.