General

Pryse vir die lekkerste kuier en die lekkerste pot

Daar gaan weer heerlik saamgekuier en gekook word by die Wildspotjiekoskompetisie wat plaasvind by die jaarlikse Thaba Expo op 29 en 30 April. Die potjiekoskompetisie vind plaas op Saterdag 30 April en Ian Roberts en Valiant Swart kuier hierdie jaar saam met die spanne, waar hulle ook sal help met die beoordeling. Valiant Swart en Ian, saam met die Radio Kalahari Orkes, tree onderskeidelik 18:00 en 19:00 dieselfde aand op.

Daar is verskeie pryse wat toegeken gaan word  – van lekkerste pot tot beste span tot bedrywigste kok, om net ‘n paar te noem. Daar is heerlike kuierplek onder die bome waar die spanne dit gaan uitkook tussen mekaar. ‘n Span kan bestaan uit vier mense of minder en familie en vriende mag saamkuier om die pot (solank hulle nie help kook nie!).

Skryf nou in en wees verseker van ‘n lekker kuierplek vir jou span en familie of vriende.

Inskrywings is oop tot volgende week Donderdag, 28 April.  As alternatief kan vorms afgehaal word by Die Kwêvoël kantore in Tweedelaan. Voltooide vorms en inskrywingsgelde kan ook hier ingegee word.