General

Paaslekkernye nie noodwendig sleg vir tande

Suid-Afrikaners sal hierdie Paasfees letterlik tonne sjokolade verorber. Ons hou selfs die rekord vir die grootste sjokoladehaas ter wêreld, ’n 3,82 meter hoë replika van die Duracell-haas wat uit 2,721 ton sjokolade gekerf is.

Mondgesondheid mag dalk die prys wees wat ons betaal vir ons soettand. ’n Nasionale ondersoek oor mondgesondheid by kinders* het bevind dat meer as 60% van ses jaar oue kinders reeds gaatjies in hul tande het. Met die paashaas op sy rondtes, hoe kan jy en jou gesin die vakansie al die lekkernye geniet en steeds na jul tande omsien?

Mondhigiënis Vicky Gowar, raadgewer vir GUM en die Oos-Kaapse voorsitter van OHASA ( Mondgesondheidsvereniging van Suid-Afrika) verduidelik hoekom sjokolade en ander lekkers jou tande kan beskadig. “Gaatjies in die tande word deur ’n bakterie, genaamd Streptococcus mutans, in plaak veroorsaak. Dit floreer in ’n suur omgewing en omdat die eet van lekkers, sjokolade en enige soet kos die mond suurder maak, voer jy letterlik die bakterieë.
Volgens Gowar beteken dit egter nie dat jy nie aan ’n lekkerny of twee kan smul nie. Hier is haar professionele raad vir ’n tandvriendelike Paasfees.

Spoel: Spoel die mond nadat jy soet kos of drinkgoed geëet of gedrink het, verkieslik met ’n mondspoelmiddel wat fluoried bevat en dieselfde pH-balans as speeksel het. “Ek beveel Dentyl pH aan, wat alkoholvry is en geskik is vir kinders ses jaar en ouer. Vir jonger kinders, of wanneer mondspoelmiddel nie beskikbaar is nie, spoel die mond met water. Dit is nie so effektief nie, maar dit is beter as om net die suiker op die tande te los.”

Borsel: “Dit is noodsaaklik om jou tande twee keer per dag te borsel, maar dit is nie ’n goeie idee om onmiddellik nadat jy sjokolade, lekkers en selfs vrugte geëet het, te borsel nie. Die suikers wat dan aanwesig is, verhoog die suurvlakke en dit “versag” tydelik die emalje wat jou tande beskerm. Dit is beter om minstens ’n uur te wag voor jy borsel. As jy reg borsel, sal jy sowat die helfte van die plaak op jou tande verwyder.”

Vlos: Neëntig persent van tandprobleme begin tussen die tande, dus is daaglikse vlos noodsaaklik regdeur die jaar. As vlos ’n werk raak, moenie opgee nie! Daar is baie produkte op die mark wat jou lewe kan vergemaklik, soos GUM Soft-Picks (wat met fluoried bedek is) en die fantastiese nuwe GUM Flosbrush Automatic, wat vlos op ’n selflewerende handvatsel het vir moeitevrye vlos vir oud en jonk.

Onthul: Gooi ’n paar plaakaanduidende tablette soos “GUM Disclosing Tablets” in die Paashaas se mandjie. Hierdie kersiegegeurde koutablette dui die plaak op jou tande aan. Kou een voor jy borsel om die plaak op jou tande te wys, en weer nadat jy geborsel het om te kyk of jy dit ordentlik gedoen het en al die plaak verwyder het. Aanduidende tablette kan tandeborsel pret maak vir kinders en selfs die punteneurigste grootmens sal verbaas wees oor wat onthul word.

Lekkernye: “Eet al jou lekkernye gelyk of dadelik na ete, in plaas daarvan om die hele dag lank te peusel, wat tot ’n skadelike pH-balans sal lei. Dit is beter om ’n tydelik verhoogde suurbalans te hê as ’n aanhoudende aanslag,“ sê Gowar.

Tandarts: ’n Jaarlikse besoek aan die tandarts en mondhigiënis vir ’n roetine-ondersoek en professionele skoonmaak van die tande kan baie tandprobleme in hul spore stuit. Wanneer dit by mondgesondheid kom, is voorkoming beslis beter as genesing.

Vir meer wenke oor mondgesondheid praat met jou tandarts of besoek die webwerwe www.freshbreath.co.za of www.ivohealth.co.za vir die jongste mondgesondheidsprodukte van regoor die wêreld.