Opsoek na u beeste?

THABAZIMBI – Beeste ter waarde van derduisende rande is op ‘n plaas in die Makoppa omgewing gevind.

Volgens mnr Gerhard Benade, is die beeste op Sondagmiddag op sy plaas in die lande gevind waarna hy die beeste na sy wildkamp verskuif het. Die beeste is na bewering in ‘n goeie kondisie en word goed versorg. Die eienaar word versoek om mnr Benade te skakel by 083 502 6677 of 083 231 4471.