Laerskool Rugby toer na Potch

Die Eerstespan van Laerskool Thabazimbi wen al hulle wedstryde. Agter vlnr: Maartin Venter, Xavier Kock, Rigardt Vink, Michael van der Linde, Zander Azar, mnr Theron Brand (afrigter), Shaun Steenkamp, Lee Mouton, Kenneth Boy en Tiaan Raubenheimer. Voor vlnr: Ruduan Joubert, Giniel Kock, Grant Matlou, Sean Thungo (wat dan ook aangewys is as die beste voorspeler van die week), Heinrich Hermann, Ettienne van Staden, Willem van der Merwe, Marco le Roux en Andrew Kghotlang.

THABAZIMBI – Die 0/11 en Eerste Rugbyspanne van Laerskool Thabazimbi het gedurende die vakansie vanaf 27 tot 30 Maart ‘n Rugbytoer na Potchefstroom onderneem.

Vyf skole het aan hierdie Rugbyweek deelgeneem, naamlik: Laerskool President Pretorius, Laerskool Vryheidsmonument, Laerskool Olienpark, Laerskool Fochville, Laerskool Baillepark.