Jeugorkes tree op ten bate van Bejaardes

THABAZIMBI – Die Simfonia Juventi Jeugorkes bestaande uit 100 lede uit 30 verskillende skole, tree Saterdag 7 Mei om 18:00 vir 18:30 op in Hoërskool Frikkie Meyer se skoolsaal.

Program wat aangebied word bestaan onder andere uit die volgende werke:  Prins Igor Ouverture – A Borodin, Jupiter – Uit The Planets – G Holst, Ritual fire dance – Uit El Amor Brujo – M de Falla, Titanic    – J Horner, Tjello Concerto No 1 – C Saint-Saën en Horing concerto (Allegro) – R Strauss.

Die jeugorkes was ook in 2010 in Thaba met ‘n hoogs suksesvolle vertoning en het konsertgangers betower met hul talente. ‘n Groot bedrag is verlede jaar aan Tambotie Huis vir Bejaardes geskenk. Hierdie voorreg om die besonderse orkes in lewende lywe in Thabazimbi te aanskou, moet jy nie by jou laat verby gaan nie. Die kaartjie verkope se fondse gaan weereens geskenk word aan die Tambotie versorgings tehuis vir bejaardes.

Kaartjies beloop R60 per persoon, kontak Mariaan Senekal by 0833006784, Juanita Erasmus by 0738485102 of Hanle Richter by 0833847347.