Hengel kompetisie gaan groot

Jaco Geldenhuys (links) het die eerste plek behaal met die swaarste sak wat ‘n totaal van 36.54kg in weeg het. Hy kry hier die prys van R3000 by mnr Pieter Evert (regs), die organiseerder. Jaco het ook met die grootste spesie afdeling die tweede plek behaal met sy Karp wat 4.40kg geweeg het en ‘n derde plek met sy Kurper wat 0.92kg geweeg het.

NORTHAM – Die hengel kompetisie ten bate van vanjaar se Matrieks van Hoërskool Frikke Meyer vir hul matriekafskeid, het plaasgevind op Saterdag 2 April by die Konsentrater dam. Die geleentheid is goed ondersteun en die hengelaars het die dag baie vis gevang. ‘n Totaal van 351.2kg vis is vir die dag deur 28 hengelaars gevang. Die kompetisie is oorheers deur die Geldenhuys broers wat in albei kategorieë dié visse gevang het. Daar was twee kategorieë, naamlik die swaarste sak en die spesies wat die swaarste was.