Gestermdes wen medaljes by SA’s

THABAZIMBI – Petrus van Breda en Zanelle Pohl het aan die SA vir gestremdes deelgeneem vanaf 28 to 30 Maart in Rustenburg. Petrus het 2 goue medaljes verwerf vir spiesgooi met ‘n afstand van 35.01m en skyfwerp met ‘n afstand van 31.49m en ‘n silwer medalje vir gewigstoot met ‘n afstand van 10.87m. Zanelle het ‘n silwer medalje verwerf in die gewigstoot afdeling met ‘n afstand van 3.72m. Almal wat Petrus geborg het om aan hierdie geleentheid deel te neem word hartlik bedank. Renier Coetzee van Engen Thabazimbi, House of Elegance, Ranos en Peet van Breda word spesiaal bedank dat hulle dit vir Petrus moontlik gemaak het om te kon deelneem. Petrus gaan moontlik deelneem aan die Afrika spele wat in Maputu Mosambiek gaan plaasvind op 3 September vanjaar. Die spele duur vir 3 weke en hy sal weer borge moet kry vir verblyf en vervoer. Daar word gepoog om ‘n toer vir gestremdes saam met hom te laat gaan. Die XA4D (Extreme Adventures for the disabled) wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om hul dank uit te spreek vir die nuwe opritte by die Markea gebou en nooi almal uit na hul stalletjie in die Marquee tent by volgende week se EXPO. Kom sien ook die jonge Anita, ‘ regter arm amputee, en ander gestremdes boogskiet.