General

Geliefde Tannie Isabel van Zimthabi oorlede

‘n Foto van Isabel wat in Januarie geneem is. Sy sal altyd as die pragtige, vriendelike tannie van Zimthabi deur die gemeenskap onthou word.

THABAZIMBI – Isabella Elizabeth van der Westhuizen, gebore Pelser, is op 5 Julie 1943 gebore hier in die Bosveld, waar sy ook op Donderdag 14 April 2011 gesterf het.

Sy het haar skoolloopbaan by Laerskool Groenvlei begin en is later koshuis toe op Thabazimbi om haar hoërskoolloopbaan by Frikkie Meyer te voltooi. Hier het sy dan ook haar lewensmaat, Phillippus, of beter bekend as Wessie van der Westhuizen ontmoet en is hulle getroud. Hulle was pas getroud toe hulle ouers geword het van vier van Wessie se ses susterskinders. Wessie en Isabel het nie kinders van hul eie gehad nie en het hierdie kinders as hul eie grootgemaak. In Desember 1979 het hulle na Zimthabi verhuis en van daar af was sy bekend as die Vriendelike Tannie van Zimthabi. Gedurende Januarie 2011 het die dokters haar met serviks kanker gediagnoseer en in Februarie is sy huistoe gestuur met die nuus dat daar niks vir haar gedoen kan word nie, omdat die kanker reeds versprei het. Isabel het nooit gekla nie en het altyd vriendelik en bemind gebly. Sy sal altyd onthou word as die “witkop” pragtige, vriendelike tannie van Zimthabi.