SA kleure vir Bosveld Akademie atlete

Die atlete van Bosveld Akademie Privaatskool wat plekke behaal het tydens die SA Kampioenskappe te Sasolburg: Agter vlnr: Janse Boshoff en Kobus Potgieter. Middel vlnr: Nico Roets, Shelbe van der Westhuizen, Gerda Goosen en Sanel Steyl. Voor vlnr: Jacques Viljoen, Johann Greyling, Muller van Reenen en Adri van Reenen.

THABAZIMBI – Bosveld Akademie Privaatskool het op 25 en 26 Maart te Sasolburg deelgeneem aan die SA Kampioenskappe. Atlete wat plekke behaal het is as volg: Janse Boshoff ontvang ‘n silwer medalje vir 110m Hekkies, Kobus Potgieter ontvang brons medaljes vir Gewigstoot sowel as Verspring, Nico Roets ontvang twee brons medaljes vir 400m en 1500m, ‘n silwer medalje vir 3000m en ‘n goue medalje vir 800m, Shelbe van der Westhuizen ontvang drie goue medaljes vir onderskeidelik 100m, 150m en Aflos, Gerda Goosen ontvang ‘n silwer medalje met ‘n nuwe rekord vir 800m, brons vir 400m, ‘n goud vir 1500m en ‘n goud met ‘n nuwe rekord vir 3000m, Sanel Steyl ontvang twee silwer medaljes vir onderskeidelik Aflos en Verspring en twee goue medaljes vir 100m en 200m, Jacques Viljoen ontvang ‘n silwer medalje vir 80m en ‘n goud vir 60m, Johann Greyling ontvang ‘n brons medalje vir Hoogspring, Muller van Reenen ontvang twee brons medaljes vir Turbo Spies en 80m en ‘n silwer medalje vir 60m en Adri van Reenen ontvang ‘n silwer medalje vir 60m.