SA’s vir HFM

PAARL – Gedurende die April vakansie het sewe van HFM se atlete deelgeneem aan die S A Kampioenskappe te Paarl, Wes-Kaap vanaf 24-26 Maart.
Vyf atlete het plekke behaal. Glenize van Rooyen het ‘n vyfdeplek in die 400 m dogters O/19, Nadine Prinsloo ‘n elfdeplek in 400m Hekkies, Leandri Botha ‘n agtsteplek in Diskus, Tania Marais ‘n vyfdeplek in 200m vir dogters O/17 en Ludwich Pieterse behaal ‘n vyfdeplek in Gewigstoot vir seuns O/15.