Jeugorkes ten bate van Tambotie

THABAZIMBI – Die Simfonia Juventi Jeugorkes bestaande uit 100 lede uit 30 verskillende skole, tree Saterdag 7 Mei om 18:00 vir 18:30 op in Hoërskool Frikkie Meyer se skoolsaal.
Die jeugorkes was ook in 2010 in Thaba met ‘n hoogs suksesvolle vertoning en het konsertgangers betower met hul talente. ‘n Groot bedrag is verlede jaar aan Tambotie Huis vir Bejaardes geskenk. Hierdie voorreg om die besonderse orkes in lewende lywe in Thabazimbi te aanskou, moet jy nie by jou laat verby gaan nie. Die kaartjie verkope se fondse gaan weereens geskenk word aan die Tambotie versorgings tehuis vir bejaardes.
Kaartjies beloop R60 per persoon, kontak M Senekal by 083 300 6784 of Juanita Erasmus 073 848 6102.