Hoërskool Frikkie Meyer se O/16’s sê dankie

Die O/16 Rugbyspan van HFM was tydens die Aprilvakansie op toer na Volksrust. Voor vlnr: Gert Stigling, Pieter Fereira, Sias van der Linde, Hendrik Coetzee, Athur van Wyk, Bennie du Plessis, Stephan Joubert, Philip Diederiks en mnr Ian Meintjies (afrigter). Agter vlnr: Mnr Ian Bodenstein (afrigter), André Potgieter, Bantu Pieter, Berne Mitton, Kevin Hall, Willie Smit, Rudolf Human, Arno Rubenheimer, Breda Eckard, Juan Evert en Nico Tromp. Afwesig: Dean Nel en Ruan van Greenen het eers in Volksrust by die groep aangesluit.

THABAZIMBI – Die O/16 Rugbyspan van HFM het gedurende die vakansie vanaf 3 tot 7 April 2011 ‘n suksesvolle rugbytoer te Volksrust se Amajuba Sportweek gehad. Hulle bedank graag al die borge wat dit moontlik gemaak het dat hulle as ‘n span so “tjap” gelyk het. ‘n Besonderse dank ook aan hul ouers vir hul ondersteuning, waarsonder hul nie sou kon toer nie. Laaste maar glad nie die minste nie, aan mnre Ian Bodenstein en Ian Meintjies vir die opoffering wat hulle gemaak het om saam te toer as afrigters. Hulle het ‘n keuse gehad van vakansie hou of toer en verkies om saam te toer, dit word opreg waardeer. Volgens dié span is hulle “erg gemotiveerd vir die liga wat voorlê, kan nie wag daarvoor nie”. Die O/16’s het twee van hul drie wedstryde gewen.