6 Medaljes vir Swartklip XKT

Swartklip Skopboksklub het op 26 Maart aan die Great North 1 toernooi meegeding. Op die foto voor vlnr: Bronwin le Grange, JJ Schoeman en Brandon le Grange. Middel vlnr: Johnny de castellaz en Andre le Grange. Agter vlnr: Madelein Cruse, Chanel Vosloo, Johan Vosloo (instrukteur), Maryna Buys en Caroline Vosloo.

PRETORIA – Swartklip Skopboksklub het op 26 Maart aan die Great North 1 toernooi te Pretoria deelgeneem.

Dit was een van die drie grootste toernooie van die jaar. Nege studente van Swartklip Skopboks klub het deelgeneem en ses medaljes is teruggebring. Enige belangstellendes in skopboks kan gerus vir Sensei Johan Vosloo by 0788651300 kontak.