VLU Dames leer fynere kuns van potloodskets

Cilea Goosen, Yvonne Henning, Annatjie Dreyer, Marcia Botha en Sonya Venter tydens hul vergadering waar hul die kuns van potloodsketse probeer bemeester het.

Swartklip – Die dames van Northam VLU het op 24 Maart 2011 by Annatjie Dreyer byeengekom om die fynere kunsies van potloodsketse te bemeester.

Een van die VLU 2011 se kompetisie-artikels is ‘n potloodskets van Raasblaarsade. Yvonne Henning het die dames die kuns van potloodskets verduidelik, en laatmiddag is elkeen huistoe met haar halfvoltooide tekening, vol moed om die perfekte raasblaarsaadtekening in te handig.

Northam VLU beplan om hul volgende maandelikse vergadering op 21 April te Swartklip te hou. Belangstellendes kan die Skakelbeampte Mari Meintjes skakel by 0147860304 of 0820864915.