Uitstekende kunstenaars by KunsteGrot

THABAZIMBI – Vanaf 21Mei gaan die Kunstegrot in Thabazimbi weer kook met al die kunstenaars wat gaan optree.

Die program sien as volg daar uit:
21 Mei:  Groet die Grotoupa met Ben Kruger – nog enkele kaartjies is beskikbaar.
24 Junie:  Rooikaart met Frank Opperman – besprekings het reeds geopen.
19 Oktober: Nataniël  (in Bioskoopsaal) – vol bespreek.

RiVoToneel – datums sal later bekend gemaak word. Stukke wat op die planke gaan kom is Die Graswewenaar, Die Buite-egtelike Ouma en Mevrou die Hoof se vrou.

Meer inligting kan verkry word by Rita by 083 7448559.

Teatergangers word herinner dat Dewside Restaurant hierdie datums oop sal wees tot na die vertoning om hulle geleentheid te bied om iets voor en na die vertoning te nuttig en sommer net verder lekker saam te kuier.

Dewside, by Tweedelaan 17, is binne loopafstand van die KunsteGrot en basies oppad huis toe na die vertoning.

Kom geniet jou voorgereg daar oppad na die KunsteGrot, voor die vertoning, en plaas terselfdertyd jy bestelling vir die hoofgereg wat jy na die vertoning kan kom nuttig.

Dit is ook naby genoeg vir ouers wat hul kinders by die KunsteGrot aflaai vir die verskeidenheid van aktiwiteite wat deurentyd daar aangebied te word, om terwyl hulle wag, by Dewside ‘n koppie koffie of tee in die lugversorgde restaurant te kom geniet.

Vir meer inligting oor Dewside Restaurant, skakel gerus 014 777 1434. Sien ook die advertensie op bladsy 12.