Northam Helpende Hand maak ‘n verskil

Northam – Die Northam Helpende Hand het op Dinsdag 29 Maart 2011 hul tweede vergadering vir die jaar gehou.
Tydens die geleentheid is gebruikte klere wat aan die instansie geskenk is, uitgesorteer, geklas en verpak vir ‘n straatverkoping wat op Donderdag 31 Maart 2011 gehou is.
Tafels is opgeslaan in die besigste straat van Northam, en kliënte kon ‘n kledingstuk aanskaf vir so min as R5. Teen die middag is die bedrag van R1600 ingesamel, waarna die dames besluit het om op Vrydag 1 April weer ‘n verkoping te hou. Meer as R1900 se klere is Vrydag verkoop. Daar is ook worsbroodjies op Vrydag verkoop. Daar word beoog om die geld aan te wend vir twee gesinne wat onderskeidelik kruideniersware en skoolgelde dringend benodig.
Persone wat belangstel om ‘n verskil in iemand se lewe te maak, kan die Voorsitster, Mari Meintjes skakel by 0147860304 of 0820864915. Daar is ‘n dringende behoefte aan enige kruideniersware, bederfbare- en nie-bederfbare voedsel, klere, linne, komberse, ensovoorts, om aan behoeftiges uit te deel. Kontantbydraes is ook welkom om die takfondse te versterk.