Mnr en Mej Thabazimbi Expo

Die wenners gedurende die kroningsgeleentheid van die jongste ouderdomsgroep, Miss Tiny Thabazimbi Expo, tydens een van die vorige jare glimlag mooi vir die kamera na afloop van die gewilde kompetisie.

THABAZIMBI – Dit is met groot teleurstelling dat ons die gemeenskap inlig dat hierdie gewilde item by die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo nie hierdie jaar op die program verskyn nie. Die organiseerders het laat weet dat die tyd en plek ongelukkig reeds vol is.

Die fees strek hierdie jaar net oor 2 dae en nie soos in die verlede oor 3 dae nie en die Thaba Spar verhoog gaan gebruik word om al die items te akkommodeer. Moet egter nie dat dit die entoesiasme vir hierdie jaar se Expo demp nie. Bring nogsteeds die gesin en kuiermense en geniet alles wat die Expo bied. Volgende jaar hoop ons dat die fees weer oor 3 dae sal strek en daar ‘n plek sal wees vir die mooistes om ‘n draai op die loopplank te maak.