Bosveldtrofee volgende naweek

NORTHAM – Die Thabazimbi Hengelklub bied volgende naweek 16 en 17 April ‘n hengelkompetisie te Konsentratordam aan.

Die 12 deelnemende hengelaars is bepaal na die De Rust Hengelkompetisie op 26 en 27 Maart te Hartbeespoortdam.

Die vier omliggende myne, naamlik Northam, Swartklip, Amandelbult en Thabazimbi skryf elkeen ‘n span in.

Alle navrae kan aan die Klubvoorsitter gerig word Nico 083 749 8557 / 083 348 2315.