Twee in ‘n ry vir Rhino Ringbalklub

Hannes van Niekerk van Rhino Ringbalklub konsentreer hard om die doel aan te teken.

THABAZIMBI – Rhino Ringbalklub het 2011 se Liga op ‘n hoë noot begin.

Die Mans en Dames-spanne het afgeskop met aandwedstryde teen Brits Ringbalklub wat op 10 Maart 2011 in Brits plaasgevind het. Groot was almal se vreugde toe die manspan en damespan hul onderskeie wedstryde oortuigend gewen het. Die twee spanne het weer op 19 Maart 2011 deelgeneem aan die volgende rondte. Weereens het beide die spanne hul wedstryde gewen.

Die klublede en al die ondersteuners word bedank vir hul besonderse deelname. Harde werk lê voor vir die res van die liga wat Meimaand ten einde loop. Elkeen word sterkte en voorspoed toegewens. Volgens Elize van Niekerk, hul afrigter asook Ringbalklub se voorsitter, oftewel “Meis” soos haar spelers haar noem, is hulle werklik ‘n baie spesiale groep mense.

Die volgende wedstryd is Saterdag 2 April wanneer die mans- en damespanne teen Rustenburg sal meeding.

Graag nooi hulle alle belangstellendes uit om te kom inloer, die oefeningsdae is Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00 te Setaria Ringbalbane. Vir enige verdere besonderhede kontak gerus vir Elize van Niekerk by 076 793 3621, Graham Engelbrecht by 082 872 5234, Nastachia van den Berg by 071 687 0548 of James Mc Carthy by 073 804 6226.