Regstelling

In die berig “Wilddiewe in Thabazimbi gevonnis”, gedateer 18 Maart 2011, is daar verkeerdelik berig dat die geweer waarmee gejag is aan mnr Barend (Ben) Oelofse behoort (in sy vyftigs). Die geweer behoort egter aan Thys van Tonder (in sy dertigs) wat die misdrywe gepleeg het. Dit is ook Van Tonder se voertuig waarmee hulle gery het. Albei is gesamentlik beboet met R1400 vir skadevergoeding wat voor 30 April 2011 vereffen moet word. Die Kwêvoël vra onverskoning vir enige ongerief.