R20 projek vir TAR

TAR het ‘n groot verskeidenheid klein katjies en volwasse katte beskikbaar vir aanneming. Hulle kan lekker speel en die kinders die skoolvakansie besig hou. Groter katte sal gou al die muise op die plaas vang. Daar is ook baie honde beskikbaar vir aanneming. Skakel gerus vir Tania by 084 885 6487.

THABAZIMBI – Thabazimbi Animal Rescue (TAR) het tans ‘n groot probleem met diere wat huise soek. Verskeie pragtige honde en dierbare katte is beskikbaar vir aanneming.

Die Charity Shop sluit vandeesweek tydelik hul deure weens die perseel wat uitverhuur word aan ‘n nuwe huurder, kontak Paula indien u ‘n spasie het waar die Charity Shop kan voortbestaan by 083 256 6138.

SMS Tania by 084 885 6487 indien jou dier verlore is, stuur die besonderhede en ook ‘n foto indien moontlik.

‘n Nuwe projek is in die pyplyn om donasies vir TAR te in. Diegene wat hul weg kan oopsien om R20 per maand in TAR se bankrekening te betaal, sal ‘n groot gaping in hul begroting kan toestop. Thabazimbi Animal Rescue, Standard Bank Business Current Account, Rek Nr: 411000667, Takkode: 054 246.

TAR benodig ook dringend alle ouderdom honde-blikkieskos.