Ons lesers skryf – Battle of the cooks

Baie geluk aan Juf Herma en al haar helpers met die puik reëlings van Donderdag 10 Maart. Die wat dit gemis het, hopelik sal daar weer so iets in die toekoms wees. Deelnemers het aan die kompetisie deelgeneem en spog geregte voorberei. Daar was ‘n groot verskeidenheid voorgeregte, hoofgeregte en nageregte, van als kon mens beproef, en ek moet sê ek dink die meeste het van ons self “vrate” gemaak, maar dit kon nie anders nie. Alles was lekker en goed voorberei, dit is werklik ‘n dorp met die beste kokke. Laerskool Thabazimbi, die gemeenskap is trots op julle en dit is ‘n voorreg dat ons kinders in so puik skool is.

Rina Stander