Ongure weer hinder nie hengelaars

Thaba Hengelklub bied nie net kompeterende hengel aan nie, maar hul hengelnaweke bestaan ook uit familie-tyd en heerlike ontspanning. Op die foto is die sonsondergang oor Rietspruitdam by hul vorige Klubkompetisie.

HARTEBEESPOORT – Die Thabazimbi Hengelklubkompetisie het verlede naweek, 26 Maart plaasgevind by De Rust te Hartebeespoort.

Ondanks die ongure weer, met gepaardgaande reën, was daar altesaam 29 hengelaars met ‘n totale vis van 222 en 187kg. Die byttempo van die vis in die dag was baie traag maar dit het aansienlik toegeneem gedurende die nag.  Die wenners is bepaal deur die swaarste sakke wat gehengel is. Die uitslae is as volg:

Senior afdeling: Tommy Swanepoel eersteplek, Rudolph Dreyer tweedeplek en Theunis Botha derdeplek. Dames afdeling: Desire Pretorius eersteplek, Marietta Botha tweedeplek en Nicolene Heydenrych derdeplek. Juniors afdeling: Herman Meyer eersteplek, Theunis Heydenrych tweedeplek met geen derdeplek. Penkoppe afdeling: Chantelle Meyer eersteplek, Mickayla Tullues tweedeplek met geen derdeplek.

Die volgende kompetisie wat plaasvind gaan die Bosveldtrofee wees waar die vier omliggende myne teen mekaar gaan meeding.  Elke myn skryf ‘n span van 12 deelnemers in en die wenners word bepaal deur die span wat die meeste punte ingesamel het.

Die klub gaan nie in April ‘n kompetisie aanbied nie as gevolg van al die langnaweke en die Bosveldtrofee. Die volgende kompetisie gaan plaasvind by Waterberg Farmstay naby Vaalwater in Mei maand.