Kansa bedank boekwurms

THABAZIMBI – Kansa bedank graag die gemeenskap vir hulle ondersteuning met die boek verkope en donasies wat deurgaans gemaak word. Dit is deur die gemeenskap se betrokkenheid op hierdie terrein dat ons uiteindelik kanker kan oorwin. Kansa bied ook weer die jaar die Kansa Spin-a-Thon aan op 30 April tydens die Wild en Toerisme Expo. Kom raak gerus meer betrokke. Vir meer inligting kontak Isabeau Du Preez 0726980709.