Frank Opperman kom kuier by KunsteGrot

Frank Opperman speel die hoofrol in die een-man vertoning Rooi kaart op 24 Junie by die KunsteGrot.

THABAZIMBI – Rooi kaart is die nuutste treffer vertoning van Suid-Afrika legende, Frank Opperman en kuier 24 Junie in Thabazimbi by die KunsteGrot.

Rooi kaart is ‘n lagwekkende skepping uit die pen van Dana Snyman, met Opperman in die hoofrol van die een-man vertoning, as die karakter Wally Koekemoer, President van ‘n plattelandse rugbyklub by hul jaarlikse toekenningsdinee.

Wally behartig die prysuitdeling, ten spyte van ‘n ernstige tekort aan bywonende  rugbyspelers en aangevuur deur sy gunsteling sterk drankie. Soos die aand vorder, word baie van die agter-die-skerms lewe van die klub sowel as sy eie geraamtes in die kas ontbloot.

Die kaartjies is vanaf vandag, Vrydag 1 April, beskikbaar.

Op 21 Mei tree Ben Kruger op in die vertoning, Groet die Grotoupa, nog enkele kaartjies is beskikbaar. Nataniël se vertoning wat plaasvind op 19 Oktober in die Bioskoopsaal se kaartjies is reeds uitverkoop.

RiVoToneel het afgeskop met die oudisies.  Indien daar nog iemand is wat belangstel, kontak Rita. Vir alle navrae en besprekings kontak Rita by 083 7448559 / rivol@telkomsa.net