Damvlakke vir einde Maart
THABAZIMBI – Die water wat benodig word vir besproeiingsdoeleindes in die omgewing is afkomstig van die Vaalkop-, Klipvoor-, Roodekopjes- en Hartebeespoortdam. Die vlakke volgens die departement van waterwese lyk as volg: Vaalkopdam se vlak was teen Maandag 28 Maart 107.5%.
Roodekopjesdam se watervlak lê op 97.5%. Verlede jaar, in dieselfde tydperk, het Vaalkopdam 94.3% water gehad teenoor Roodekopjesdam se 99.4%.
Klipvoordam is tans 103.4% vol en Hartebeespoortdam staan op 99.6% kapasiteit.