Bosveld Akademie bedank borge

Die atlete van Bosveld Akademie wat na die SA Kampioenskappe gegaan het. Agter vlnr: Trinkie Goosen, Vincent Bester, Janse Boshoff en Kobus Potgieter. Derdery vlnr: Berdean Vorster, Gerda Goosen en Nico Roets. Tweedery vlnr: Jaco Vorster, Erik Snyman, Ivan Frohlich, Hanno Greyling, Ockert Goosen en Shelbé van der Westhuizen. Voor vlnr: Christiaan Lambrecht, Marinus Viljoen, Jacques Viljoen, Muller van Reenen, Adri van Reenen en Johan Greyling. Saam met hulle is Deon Hartman, Elsa Dippenaar en Fanie Venter van Sanlam wat die sportsakke geborg het.

THABAZIMBI – Atlete van Bosveld Akademie het verlede naweek 25 en 26 Maart aan die SA Kampioenskappe te Sasolburg deelgeneem. Hulle bedank graag die borge, Sanlam, Immergroen grasperke, Vleissentraal en die Vostergroep wat dit vir hul moontlik gemaak het om aan die Kampioenskappe te kon meeding.