Swaaie vir SmartBrain

Helga van der Meijden het in Februarie besoek aan SmartBrain Kidz afgelê waartydens sy verskeie speelgoed en speelpark-items aan die skool geskenk het.

THABAZIMBI – Helga van der Meijden het tydens ‘n besoek aan een van die lodges in Thabazimbi omgewing ‘n dag by SmartBrain Kidz kom kuier en dadelik baie lief geword vir die oulike kleuters.

Helga het toe as verrassing vir hulle ‘n groot swaai, plastiek speelapparaat vir die kleiner maatjies, telrame, waterspel skottels en musiekinstrumente gekoop.

Volgens Marthie du Plooy, prinsipaal van SmartBrain Kidz, het Helga ‘n groot hart en baie liefde vir kinders en hulle behoeftes. Sy het twee ander skole waar sy ook bydraes lewer, een in De Rust en ‘n ander in die Kaap.