Ons lesers skryf – Gelukwensing

Baie geluk aan Esmé Behrens met die verkiesing as Voorsitter  by die Gholfklub. Ons almal weet jy is bewaak genoeg daarvoor. Jy het reeds in jou studentedae op die Sportraad gedien asook op Gauteng-Noord Vroue Gholf komitee, Gauteng-Noord se Uitvoerende Komitee en Vroue Gholf S.A se Uitvoerende Komitee.
Dankie ook vir die inisiatief  wat jy geneem het om ‘n dryfbaan daar te stel, die opgradeer van die dameskleedkamer, gholf-afrigting ens.

Baie sterkte aan julle komitee. Weet dat baie lede sien wat die komitee doen en dit waardeer. Ons geniet ons gholf!!

Al die gholfmaters.