Ons lesers skryf – Bel die Polisie

Na aanleiding van die skrywe van Henk Havenga in die uitgawe van 11 Maart 2011 wil ek graag ook die volgende deel aangaande die swak diens vanaf ons Plaaslike Polisie  Aanklagkantoor.

Op Vrydagaand die 11de Maart 2011 is ‘n jong swart seun voor ons huis aangerand deur ‘n ander jong swart man wat hom geslaan het met ‘n stok.  Die seun het in ons erf kom wegkruip vir verdere aanvalle.  Die polisie is geskakel om die jong seun behulpsaam te wees, Die  eerste oproep aan die Polisiekantoor moes ek eers verduidelik waar ons  straatadres is. (Nou is my vraag, het die Polisiekantoor nie ‘n kaart van Thabazimbi nie?).  Die antwoord,  hul sal ‘n voertuig stuur, na ‘n half-uur skakel ek weer, die voertuig is op pad.  Intussen het ‘n uur verloop en is die Aanklagkantoor weer gekontak, maar die oponthoud is toe dat die een voertuig uit is na Koedoeskop en die ander voertuie in Regorogile besig is met ‘n aanranding saak.   Uit radeloosheid neem ons self die seun op aanklagkantoor toe, wat sien ons, verskeie Polisievoertuie staan in die straat, maar geeneen kon ons behulpsaam wees.  Nou wil ek graag ‘n klip in die bos gooi en vra wat sou gebeur as dit nou moord of inbrekers was.  Sou die Polisie weereens nie die adres kon vind of voertuie beskikbaar gehad het nie.

Oor die algemeen wil ons graag ons dank uitspreek teenoor die Polisie manne en vroue wat wel probeer om altyd behulpsaam te wees.

CHRISTINA VENTER