Laerskool Thabazimbi vs Brits

Laerskool Thabazimbi se Eerste Rugbyspan het hul rugbywedstryd met 24 punte teenoor 15 punte gewen. Op die foto voor vlnr: Giniel Kock, Ettienne van Staden, Heinrich Hermann (kaptein), Marco le Roux en Hanno Bruwer. Middel vlnr: Willem van der Mewe, Francois Buys, Michael van der Linde, Zander Azar, Shaun Steenkamp en Grant Matlou. Agter vlnr: Lee Mouton, Xavier Kock, Maartin Venter, Sean Thungo en Andrew Khotlang.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het verlede Donderdag, 17 Maart, ‘n vriendskaplike wintersportdag teen Laerskool Brits aangebied.

Die netbalspelers het 11 tawwe wedstryde gespeel, waarvan hulle ses verloor het, twee gelykop gespeel het en drie wedstryde gewen het. Die o/11 A netbalspan wen 15-4, die B-span wen 5-2 en die O/13 span wen 15-3.

Die rugbymanne het beter gevaar en wen drie van die ses wedstryde teen Brits. Die O/10 span wen 22-5, die Tweedespan wen 14-12 en die Eerstespan wen 24-15. Die ander drie wedstryde eindig gelykop.