Jabulani Hengelkompetisie oor drie naweke

THABAZIMBI – Vanjaar word die Jabulani Hengelkompetisie op Saterdag 16 April 2011 aangebied.

Hierdie keer word die kompetisie deur die AP Kerk Thabazimbi ten bate van die plaaslike AP Kerk aangebied. Die kompetisie strek van 07:00 tot 15:00. Deelnemers en toeskouers moet sorg vir hul eie skaduwee, dus bring sonsambrele, gazebo’s of tentjies.

Inskrywings kan vooraf gedoen word, maar die penne kan eers op die kompetisiedag van 05:00 af by die plaashek getrek word. Inweeg van vis vind om 16:00 plaas.  Na afloop van die prysuitdeling is daar ‘n pot pap en sous beskikbaar, braaipakkies word koop aangebied. Inskrywing per span/pen beloop R 400. Daar word net twee hengelaars per pen toegelaat wat elk net met twee stokke kan hengel. Dit beteken daar is maksimum twee hengelaars met ‘n maksimum van vier stokke per pen. By hierdie hengelkompetisie is groot pryse te wen. Onder meer kan ‘n groot jag pakket as prys gewen word. Die eerste prys wenners, met hulle metgeselle, (met ander woorde 4 persone) kry ook geborgde verblyf wanneer hul prys gejag word. Daar is TV fasiliteite beskikbaar sodat die Super Rugby gevolg kan word. Alle persone van alle hengelklubs is welkom om deel te neem aan hierdie groot dag.

Die aanbieders beloof dat daar groot en goeie pryse te wen sal wees. Daar word spesifiek vir penkoppe (laerskool-hengelaars) ook voorsiening gemaak.

Pryse sal toegeken word in twee kategorieë: die ope afdeling:  eerste prys  vir die swaarste karp;  die tweede prys vir die swaarste kurper;  die derde prys vir die swaarste sak karps (maksimum 4 karps in die sak);  die vierde prys – swaarste sak kurpers (maksimum 10 kurpers in die sak) en die vyfde prys – swaarste van ‘n “ander”/vreemde spesie. Dieselfde geld ook vir die penkoppe afdeling. Alle kompetisiereëls sal by die pen-trekking by die hek op skrif beskikbaar wees. Hengelaars is welkom om vooraf aan te dui dat hulle belangstel om te kom, of bloot net op Saterdag 16 April by Jabulani opdaag.

Padbeskrywings na Jabulani kan by enige van die persone hieronder verkry word.

Daar is akkommodasie beskikbaar op vooraf bespreking by Dawie en Linda Snyman by 083 306 6346 / 082 374 9841. As daar enige navrae oor die kompetisie is, kan hengelaars gerus enigeen van die volgende persone skakel, Dawie by 083 306 6346,  Kobus by 083 230 4037,  Thomas by 078 127 4145 en Tom by 082 334 1019.