Gholfborgdag vir Bosveld Akademie

Die skoonveld mol

THABAZIMBI – Die afgelope langnaweek het dit behoorlik gegons op die gholfbaan. Die meeste spelers het net vir die lekker ‘n potjie gholf gespeel terwyl andere in Saterdag 19 Maart se 4-Bal Alliansie deelgeneem het. Die wenners was S Mamuno, A Mankge, Z Thlabadira en J Selokela met 82 punte, die vleispryse was n lekker verrassing en party het sommer gou die vleisie op die kole gegooi.

Maandag 21 Maart was IPS kompetisie en is gewen deur L v Graan op 41 punte met P Venter in die tweedeplek op 36 punte.

Die komende Saterdag, 26 Maart, is dit die Bosveld Akademie se borgedag, almal is welkom om te speel, plaas net voor die tyd jou naam op die inskrywingslys by die klub. Die kompetisie is ‘n “American Scramble” en spelers neem deel in pare.

Die Northam Toyota Sonsakker op 16 Maart is gewen deur L Scott met 21 punte. Op 16 April is dit Klubkampioenskappe en die komitee is reeds hard aan die werk om dit iets besonders te maak. Verskillende afdelings A,B,C en Veterane asook ons Junior kampioene word die dag beslis, dit is verseker die belangrikste kompetisie vir enige lid om aan deel te neem en na die gholf word ‘n heerlike ete en saamkuier beplan.

Baie geluk aan Chris Bronkhorst wat die Waterberg Sages Slagspel Kampioen is. Sterkte aan die Juniors wat die vakansie aan ‘n gholftoer deelneem.

Verskeie gholfspelers gaan ook die Sanlam Glacier Toernooie bywoon asook GNGJF Toernooie, hou ons klub se naam hoog!

Aan al ons lede wat die komende vakansie met vakansie gaan, veilig ry en geniet die ruskans. Dan groet ons tot volgende week…lekker oefen.