212de vergadering vir Northam VLU

Tannie Hannetjie du Plessis word getrakteer met 'n New-Me gesigsontrimpeling tydens die Northam VLU se 212de vergadering.

DE PUT- Die dames van Northam VLU het hul 212de vergadering op 17 Maart 2011 aan huis van Alta Nortje gehou.

In haar lowerryke tuin op uitgestrekte groen grasperke is die huishoudelike sake afgehandel, waarna die dames getrakteer is op ‘n demonstrasie van Nu-Skin. Tannie Hannetjie du Plessis was die gelukkige dame wie se gesig daarmee behandel is, en was baie in haar noppies met die resultate.

Tydens die volgende vergadering wat gehou sal word op 21 April te Swartklip, beoog die dames om die pas afgelope konferensie te bespreek, waartydens Northam VLU heelwat gesogte pryse ingepalm het.

Enigiemand wat belangstel om ‘n vergadering by te woon, skakel gerus Mari Meintjes by 0147860304 of 0820864915.