XKT skopboksers presteer by Ontwikkelingstoernooi

Brian Ebersole, een van die grotes van gevegkunste, hier saam met Thabazimbi Skopboksklub tydens ‘n onlangse besoek en oefenkamp.

BRAKPAN – Die afgelope naweek, 26 Februarie, het XKT-studente aan ‘n Ontwikkelingstoernooi in Brakpan deelgeneem met die volgende uitslae:

Die Swartklip span: Caroline ontvang silwer medaljes vir beide punte en ligte kontak, Chanel ontvang ‘n silwer medalje vir punte, Maryna ontvang ‘n silwer medalje vir punte, Brandon verwerf ‘n goue medalje vir punte, Johnny ontvang ‘n brons medalje vir punte, André ontvang ‘n silwer medalje vir punte terwyl Madelein twee goud in punte en ligte kontak verwerf.

Die Thabazimbi-span se uitslae is as volg: Rohan Erasmus verwerf twee goue medaljes na 10 harde gevegte in punte stelsel en ligte kontak, Willem Henning het goud vir punte stelsel verwerf, Robbie Robbertse ontvang brons vir ligte kontak en Erik Snyman het ‘n silwer medalje ontvang vir ligte kontak en brons vir punte stelsel.

‘n Erelid en gereelde besoeker van Amerika aan Thabazimbi Skopboks Klub, Brian Ebersole, het ook op dié dag ‘n geveg in Australië om die wêreld UFC Titel (Cage Fighting) gewen teen een van die mees ervare vegters in die harde vorm van vegkunste. Brian was ook lid van die Amerikaanse Olimpiese amateur stoei span en besoek Thabazimbi Skopboksklub weer eersdaags. Hul beste wense vergesel een van die grotes van vegkunste, Brian Ebersole.