General

Thabazimbi se wilddiewe gevonnis

THABAZIMBI – Twee blanke mans van Setaria het op Dinsdag 15 Maart in die landdroshof verskyn op aanklagte van wilddiefstal.

Hulle is Thys van Tonder (in sy vyftigs) en Barend Oelofse (vroeë dertigerjare). Die saak spruit uit ‘n voorval in November 2010 toe wild onwettig gejag is op ‘n wildplaas in die Thabazimbi omgewing en dit in ‘n voertuig van die aangeklaagde vervoer is.

Albei is skuldig bevind en gevonnis tot R10 000 boete of ses jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar. Die geweer waarmee gejag is en wat aan Oelofse behoort het, is deur die staat verbeur verklaar. Hy is ook onbevoeg verklaar en sal dus nie weer aansoek om ‘n vuurwapenlisensie kan doen nie.

Misdrywe met ‘n vuurwapen word in ‘n baie ernstige lig gesien, die lisensiehouer word onbevoeg verklaar, die geweer word gekonfiskeer en daar bestaan ‘n 99% kans dat hy/sy ander vuurwapens ook kan verloor.