General

Thaba meisie Limpopo se mooiste

Carla Viljoen, ‘n Graad 11 leerling van HFM, is aangewys as Limpopo se “Miss Summer Heat Teen” en kom Sondag teen die ander skoonhede uit die ander provinsies in die finale te staan.

THABAZIMBI – Carla Viljoen, ‘n Graad 11 leerling van HFM, is as “Miss Summer Heat Teen” vir Limpopo aangewys en gaan as een van Suid-Afrika se mooiste meisies by die Suidkus om die titel “Miss Summer Heat SA” en “Miss Summer Heat SA Teen” meeding.

Die kompetisies word by die Wild Coast Casino op 20 Maart 2011 aangebied. Lewendige vermaak word by die kompetisie verskaf deur drie SA Idols 2010 finaliste.

Vroeër vanjaar is 9 semi-finale rondtes regoor die land aangebied waartydens meisies kompeteer het om die titel in hul onderskeie provinsie te wen om sodoende aan die nasionale finale rondte van die kompetisie deel te neem.

Swemklere en aanduitrustings word verskaf deur die Stylguru, Kevin Ellis.