TAR Projek: R20

Daar is 19 honde beskikbaar vir aanneming by TAR, onder andere worshonde, steekbaard en foksterriër-kruisings. Verskeie hand grootgemaakte katjies en ander katte is ook beskikbaar.

THABAZIMBI – Thabazimbi Animal Rescue loods vanaf die week “Die R20 Projek”.

Hulle vra die publiek vir ‘n maandelikse donasie van so min as R20. Hulle poog om soveel mense moontlik by die projek betrokke te kry. Enigeen wat sy/haar weg kan oopsien om hulle op dié manier te help, teken net ‘n maandelikse aftrekorder by hul onderskeie banke vir die bedrag van R20 per maand. Vir meer inligting kontak vir Andrea by 083 575 5815. Hierdie geld sal aangewend word vir die versorging van die talle diere wat op ‘n daaglikse basis deur TAR ingeneem en versorg word.

Weens die groot getal diere wat TAR feitlik elke dag inneem, het hul huidig ‘n baie groot probleem. Die oorvol honde- en kathokke is kommerwekkend. Daar is baie hand grootgemaakte katjies en baie honde wat ‘n goeie huis soek. TAR vra dus die publiek om aanneming te oorweeg voordat hulle nuwe troeteldiere aanskaf. Kontak vir Tania by 084 885 6487 in die verband.

Daar is ‘n verlore Beagle wat dringend deur sy eienaars gesoek word. Indien u enige inligting het, kontak vir Tania.

Enige ander donasies is ook altyd baie welkom. Hulle benodig veral blikkieskos vir alle ouderdom honde en “Puppy” en “Kitten” kos. Bankbesonderhede: Thabazimbi Animal Rescue, Standard Bank, Business Current Account, rekeningnommer: 411000667, Takkode: 054 246.