Rugby- en Netbalspanne wen al hul wedstryde

Die derde rugbyspan van Laerskool Thabazimbi is agter vlnr: Frans Botha en Jacques Swart. Derdery vlnr: Simon Kole, Wandré du Preez, Shaun Pieterse, Shaun Silva, Tylor Labuschagne en Martin Moleke. Tweedery vlnr: Thato Mbewe, D.G. Stokes, Hardus Schoeman, Wilhelm Pistorius, Thato Maboa en Reggie Ramaboa. Voor vlnr: Andile Peter, Mothusi Gomba, Aobakwe Raborife, Nimroe Lategan (Kaptein), Pieter Malan, Jeremy Steyn, Thomas Halgreen en Antonie Grobler.

NYLSTROOM – Die rugby- en netbalspanne van Laerskool Thabazimbi het op Saterdag 12 Maart te Nylstroom meegeding en al hul wedstryde gewen.

Die O/9 Rugbyspan wen Julian Muller met 59 punte teenoor 5, die Derde Rugbyspan wen Bosveld met 15 punte teenoor 10 terwyl die Eerste Rugbyspan hul wedstryd teen Krugerpark met 17 punte teenoor 0 wen.

Die netbalspanne het net so goed vertoon. Die O/9 Netbalspan wen Julian Muller met 8 punte teenoor 7, hulle wen Krugerpark met 10 punte teenoor 2 en wen ook Ellisras met 12 punte teenoor 2. Die O/10 Netbalspan wen Julian Muller met 5 punte teenoor 3, wen Krugerpark met 10 punte teenoor 6 en wen Ellisras met 9 punte teenoor 5. Die O/11 Netbalspan wen Eugene Marais met 9 punte teenoor 2, wen Julian Muller met 9 punte teenoor 8 en wen Krugerpark met 8 punte teenoor 3.