Ons lesers skryf – Moet nie jou vrou stuur om ‘n voertuig lisensie te hernu nie

Soos dit mos goeie wetsgehoorsame landsburgers betaam het ons woonwa se lisensie verval en die hernuwing moes toe deur my vrou behartig word. Ek is
mos die eerlike hardwerkende landsburger wat my voetuie padwaardig en gelisensieerd wil hê. Party van ons mede landsburgers voel mos vere vir die gereg.
Ek wil net weet wie die duiwel gee daai beampte die reg om op my vrou te skree, nadat sy net gevra het hoekom ander mense nie in die ry hoef te sit en musical chairs te speel nie en sommer direk van die deur af verby almal loop om heel eerste gehelp te word.

Ek wens ek het tyd gehad om ook af te lê by die werk sonder enige geldige rede en jou te kom vra om op my te skree, jou tande sal by jou neusgate uitpeul sodat jy in jou lewe nie sal waag om te skree op kliënte nie want jou eie strot sal deur jouself afgebyt word.