Ons lesers skryf – Belastingbetalers se “werkskepping”

Wanneer jy reis tussen Leeupoort en Koedoeskop en ook van Koedoeskop na Thabazimbi is dit nie net die pragtige natuurskoon wat jou oog vang nie, maar ook die verkwisting van belastingbetalers se gelde…

Vroulike Munisipale werkers word in groot groepe aangestel om die lang gras tussen die dorpe te sny, maar wat wou. Wanneer jy daar verby ry, is dit een wat gras sny, en dertig wat onder die bome lê en die koelte geniet.

Sal dit nie lekker wees as ons almal ons werksdag so kon vertoef nie! Hoeveel word hierdie vroue per dag betaal, en hoeveel werk hulle nou eintlik?

Wil net weet,

Eddie van Leeupoort

Mnr Mulalo, Projek Bestuurder van die Uitgebreide Publieke werke Program het ‘n onderhoud met Die Kwêvoël toegestaan vir Dinsdag 22 Maart 2011.