Mooimaak by VLU vergadering

Die twee nuwe VLU Thabazimbi lede is vlnr: Karen Nel en Mona van Helsdingen.

THABAZIMBI – Die lede van VLU Thabazimbi het op Woensdag 9 Maart by Aandrus Kwekery vergader.

Annatjie Gouws, eienaar van Glitterz het die fynere kuns van grimering aan die dames oorgedra. Hannelie Botha was die gelukkige persoon wie se gesiggie mooi gemaak is.

Van die lede het ook gespog met hul kreatief versierde inkopiesakke wat tydens die Bosveldstreek se konferensie op 16 Maart ingehandig is. Die sakke gaan by die kongres in Mei uitgestal word waar die wenner met die kreatiefste sak aangewys sal word. Die sakke sal daarna aan behoeftiges geskenk word. Die gasvrouens vir die dag was Cecilia Dearlove en Biebies Oelofse wat ‘n heerlike middagete voorgesit het.

Die volgende vergadering vind plaas op Woensdag 13 April en belangstellendes kan Liz van Tonder by 084 436 4429 skakel.