Groot skatte by TAR se “Charity Shop”

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Animal Rescue “Charity Shop”, onderleiding van Paula Repko, het hierdie week weer vele nuwe “goetertjies” ingekry.

Besoek die winkel in Dertiendelaan, langs Trinkets and Bells, alombekend as Die Blommehuis. Daar is ornamente, hokkiestokke, boeke, speelgoed, klere, juwele, kombuisware en nog vele meer. Kontak Paula by 083 256 6138 om wit olifante of ongebruikte items aan dié organisasie te skenk. Die fondse hieruit gegenereer word vir veearts onkoste en so meer aangewend.