Gholfnuus vir Thabazimbi

Die skoonveld mol

THABAZIMBI – Dis ‘n besige tyd op die gholfbaan, almal is in oefening vir volgende maand se klubkampioenskappe, selfs op provinsiale vlak presteer die klublede.

Baie geluk aan Pietie Terblanche vir sy insluiting in die Gauteng-Noord Super Seniors Span en Heinrich Penzhorn se puik prestasies verseker hom ‘n plek in die 0/14 Gauteng-Noord  Inter Provinsiale Span.

Die Northam Toyota Sonsakker op 9 Maart word gewen deur Jakkie van der Wateren met 21 punte en Saterdag 12 Maart se Derek Torlage Slagspel word gewen deur Alta Venter op 73, tweede Esme Behrens 75 en derde Jaques van Eyssen 76. Charlie Penzhorn wen die beste bruto met ‘n telling van 79.

Die Caddie liga het ook afgeskop en Thabazimbi se span verloor teen Mogol, maar wen darem die individuele pryse.

Saterdag 19 Maart is 4-Bal Alliansie, spelers wat nie maats het nie kan die klubkapteine skakel, alle spelers moet stiptelik om 11:30 by die klub wees.
Volgende Saterdag 26 Maart is die Bosveld Akademie se borgedag. Spelers moet vroegtydig hul name op die inskrywingsvorm skryf.

Dankie aan Vollie Volschenk wat weekliks die beriggewing hanteer het en sy bydrae tot die opbouing van die sport.

Dan groet ons tot volgende week…