Boerbokke behaal derduisende rande

RUSTENBURG – Die Bosveld Boerbokklub het op Donderdag 10 Maart te Rustenburg Skougronde hul Boerbok veiling deur Vleissentraal Bosveld aangebied.

Nege en twintig boerbokramme is te koop aangebied. Die gemiddelde prys was R8172. Mnr Sarel Kriek van Schweizer Reneke se boerbokram het die hoogste prys van R22 000 behaal. Ses en tagtig boerbokooie is opgeveil teen ‘n gemiddelde prys van R4198 per ooi. Mnr Josef Kleynhans van Lephalale se boerbokooi het die hoogste prys van R10000 behaal.

Graig le Roux van Vleissentraal Bosveld was die afslaer.