7 Frikkies gaan na SA’s

Die sewe HFM atlete wat gekies is om aan die SA Kampioenskappe te Paarl, Kaap op 24-26 Maart deel te neem is vlnr: Glenize van Rooyen, Nadine Prinsloo, Tania Marais en Leané du Plooy. Agter vlnr: Leandri Botha, Armand Davies en Ludwich Pieterse.

THABAZIMBI – Die HFM atlete wat aan die Provinsiale Kampioenskappe deelgeneem het, het baie goed presteer en spog met ses eerste-, 13 tweede-, nege derde- en ses vierdeplekke.

Die leerlinge het almal eersteplekke behaal: ZW van Deventer O/14 Gewigstoot, Shane Janse van Rensburg O/14 Spiesgooi, Ludwich Pieterse O/15 Gewigstoot, Leandri Botha O/17 Diskus en Glenize van Rooyen O/19 400m.